Only from 3rd party sellers

Koester jou baba

In hierdie titel, gebaseer op sensoriese, of sintuiglike, ontwikkeling, kombineer die skrywers hulle kennis en praktiese ervaring om jou te help om... more
Subtitle:
Verstaan jou baba se sensoriese wereld - die sleutel tot 'n kalm-tevrede kind
Author:
Ann Richardson; Megan Faure
Format:
Softcover
Edition:
1
Average customer rating:
 (Reviews)

3rd Party:
used from R 100.00
  • Pintrest

Short description

In hierdie titel, gebaseer op sensoriese, of sintuiglike, ontwikkeling, kombineer die skrywers hulle kennis en praktiese ervaring om jou te help om op jou baba ingestem te wees en te verstaan.

Long description

Die drie algeneemste vrae wat ouers in 'n baba se eerste jaar vra, is: Hoekom huil hy?; wat kan ek doen om hom beter te laat slaap?; hoe kan ek sy ontwikkeling aanhelp?. Die antwoord op al hierdie vrae le in dieselfde bron: sy sensoriese wereld. Dit is die sleutel tot 'n kalm-tevrede baba, wat gretig uit sy omewing leer, maklik aan die slaap raak en vir lang rukke rustig slaap. In hierdie titel, gebaseer op sensoriese, of sintuiglike, ontwikkeling, kombineer die skrywers hulle kennis en praktiese ervaring om jou te help om op jou baba ingestem te wees en te verstaan: Watter uitwerking sensoriese insette op hom het; wat hy vir jou probeer se met die tekens wat hy gee; en hoe om daarop te reageer deur sy sensoriese omgewing en stimulering te reguleer.

Product details

Publisher:
Metz Press
ISBN:
9781875001811
Publication date:
December 2002
Length:
245mm
Width:
174mm
Weight:
340g
Edition:
1
Pages:
160

Table of contents

  • Ons sensoriese wereld
  • die effek van sensoriese insette op jou baba se staat
  • maak jou baba se sensoriese omgewing gereed
  • hoe jou baba tekens van sensoriese lading toon
  • sensoriese riglyne vir voeding
  • sorg vir goeie slaapgewoontes
  • huil
  • knieserigheid en koliek
  • ontwikkeling en stimulering
  • 'n senoriese dieet om ontwikkeling te bevorder
  • sorg en ontwikkeling
  • geboorte tot twee weke
  • sorg en ontwikkeling
  • twee tot ses weke
  • sorg en ontwikkeling
  • drie tot ses maande
  • sorg en ontwikkeling
  • ses to nege maande
  • sorg en ontwikkeling
  • nege tot twaalf maande

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  'n Moet vir elke nuwe mamma
Reviewed by Andrea from Cape Town on 03 March 2009
628 of 1199 people found the following review helpful:

Hierdie is 'n uitstekende boek. Ek beveel dit aan vir elke mamma. Dit verduidelik alles oor jou baba, dit stel 'n roetine voor en hoe om jou kind te stimuleer. Dit dek alles wat jy wil weet vir die 1e jaar. Ek het alles gevolg in hierdie boek en my seun is 'n rustige kind. Te danke aan hierdie boek het my seuntjie op 2.5 maande al deur geslaap. Ek koop hierdie boek vir elke vriendin van my wat swanger is.

Was this review helpful?    

 

  fantasties
Reviewed by Unknown from Centurion on 23 November 2005
1386 of 2810 people found the following review helpful:

Ek sal hierdie boek vir enige ma aanbeveel. Ek het die boek ongelukkig eers op 6 weke gekoop en het baie foute gemaak wat veroorsaak het dat my baba koeliek simptone getoon het en al die tyd was dit net haar dom ma. Beslis die moeite werd!

Was this review helpful?    

 

  Die beste manier om jou baba regtig te leer ken!
Reviewed by Nicolene Langenhoven from Somerset West, South Africa on 24 July 2003
1345 of 2804 people found the following review helpful:

My man het hierdie boek se engelse uitgawe Baby Sense vir my gekoop (deur Kalahari.net) op die dag van ons seuntjie se geboorte. Ongelukkig het ek nie die tyd gehad om in die eerste 4 weke baie te lees nie, maar vandat ek begin lees het, het alles wat my seuntjie doen soveel "helderder" geword. Ek verstaan nou hoekom hy op sekere maniere reageer in sekere situasies en wat sy behoeftes is. Die boek doen aanbevelings oor voedings, bedtyd, badtyd, speelgoed en ontwikkeling. Om net 'n paar te noem.Hulle beantwoord jou vrae oor hoekom hy huil, hoe om hom makliker te laat slaap, ens. Alles wat jy wil weet EN DIT WERK! My seuntjie is nou 5 en 'n half maande oud en hierdie boek het my weeklikse naslaanwerk geword. Ek is net jammer ek het nie voor sy geboorte AL van die boek geweet nie, sodat ek van dag een af meer voorbereid gewees het. Ek vertel vir elke swanger vriendin of swanger vrou se man of vir iemand wat dalk iemand ken wat swanger is, van die boek. Ek dink dit is beslis 'n baie goeie belegging vir enige jong ma. Uitstekend! En die pa's kan dit ook gerus lees!

Was this review helpful?    

See more reviews

More buying options

Sell yours here
Showing 1-10 of 1 listing(s).
Price Condition Seller Comments Buy from 3rd Party
R100.00 + R35.00 Post office delivery Like New aneleh

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
08 Mar 2010
Location:
Kakamas, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Add to basket