Short description
Toe Pattie Peters agt jaar oud is, sterf haar ma. En 'n paar dae later gee haar pa haar weg. Om by haar anties in die Strand te gaan bly. So begin Pattie se afskeid aan haar pa, en aan die Kaap. Uiteindelik beland sy in die Goudstad - by haar sus Dorie in mevrou Soes se losieshuis. Maar dan ontmoet sy Laki Pappasani, 'n Griek van Sparta, ambagsman van beroep. Net jammer dis die sestigerjare, en sy, Pattie Peters, klerk van beroep, is 'n kleurlingmeisie van die Strand ... Aangrypend eerlik - 'n debuut roman met 'n hart.
Long description
Toe Pattie Peters agt jaar oud is, sterf haar ma. En 'n paar dae later gee haar pa haar weg. Om by haar anties in die Strand te gaan bly. "Dis bieter so," hoor sy hom sê. "'n Kind het 'n ma nodig en sy is nog klein. Kitty en Maggie sal sorre virrie kind, daaroor hoef ek my nie te worrie nie." So begin Pattie se afskeid aan haar pa, en aan die Kaap. Uiteindelik beland sy in die Goudstad - by haar sus Dorie in mevrou Soes se losieshuis. Maar dan ontmoet sy Laki Pappasani, 'n Griek van Sparta, ambagsman van beroep. Net jammer dis die sestigerjare, en sy, Pattie Peters, klerk van beroep, is 'n kleurlingmeisie van die Strand ... Aangrypend eerlik - 'n debuut roman met 'n hart.