Prescribed at UNISA (University of South Africa) for :Afrikaans (AFK101Q) by lecturer Linde Beer
Kroniek uit die doofpot is in 1991 gepubliseer en is o.m. met die CNA-letterkunde toekenning, die Helgaard Steyn-prys en die M-Net Boekprys bekroon. Dis die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid.
Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van ’n gewone, eerbare man. Op ’n dag word Tumelo egter onregverdig beskuldig en ’n hou teen sy oor is die begin van doofheid en eindelose mediese probleme. Wanneer hy ’n klag lê teen sy senior kollega, kolonel Van Niekerk, loop hy hom teen ’n muur van korrupsie en rassisme vas. In die nag van 30 November 1987 is polisieman Tumelo in sy huis met sy vrou Busi deur ’n paar oud-kollegas vermoor.
Die roman is sober aangebied, maar die leser weet waarop dit onvermydelik afstuur – daarin lê die spanning en tragiek.
“Dinamiet tussen die oë” – Gunther Pakendorff
The highly acclaimed novel, Kroniek uit die doofpot, won the CNA Award in 1991 and the M-Net and Helgaard Steyn Awards in 1992. It was published in English as Deafening Silence and made into a mini-series for TV. It is the moving and disturbing story of a black policeman’s attempt to seek justice after a blow on his ear by a senior colleague, Colonel Van Niekerk, caused his deafness.