Short description
Marlene van der Westhuizen, bekende skrywer van Delectable en Sumptuous, deel haar gunsteling-resepte vir lang, lui middagkuiers saam met vriende en familie.
Long description
Marlene van der Westhuizen, bekende skrywer van Delectable en Sumptuous, deel haar gunsteling-resepte vir lang, lui middagkuiers saam met vriende en familie. Hierdie toeganklike boekie bevat idees vir somer-etes in die tuin en winter-etes voor die kaggel, vir 'n informele middag in die kombuis of 'n romantiese maal op die balkon van haar Victoriaanse huis. Wat jy ook al kies, makriel-en-patatviskoekies of verglanste uietert, jou gaste gaan verruk wees met wat jy voorsit. Saam met Marlene kan elke Suid- Afrikaanse kok nou die avontuur van die Franse kookkuns geniet.