Short description
In one of her letters to Human & Rousseau Annette tells where it all started:
Long description
In one of her letters to Human & Rousseau Annette tells where it all started:
. . . Ek het gedink aan daardie kratte en kratte tamaties wat ons by Pierre, ons tamatieboer-vriend, gekry het en die keer toe Thys en Bessie ons ’n bakkievrag pere present gegee het. Ek het toe naarstiglik in my versameling resepteboeke moes soek na maniere om dit te verwerk.
Toe het ek agtergekom dat ek al die resepte vir pere, tamaties of wat ook al, alfabeties gerangskik, bymekaar wil hê sodat ek met ’n oogopslag kan sien wat ek alles met ’n besondere produk kan maak: konfyt, blatjang, wyn, insout, droog, ens.
Al die resepte het nie met kos te doen nie, maar ek weet die mense wat my boeke eerder lees as die kos daarin maak, sal dit interessant vind. Dis ook baie bruikbaar in hierdie maer jare met die duur pryse.