Short description
'n Magdom idees en nuwe tegnieke vir die versiering van lap vir handwerkers, kwlit- en veselkunstenaars, handwerkonderwysers en enigiemand wat deur lap gefassineer word.
Long description
'n Magdom idees en nuwe tegnieke vir die versiering van lap vir handwerkers, kwlit- en veselkunstenaars, handwerkonderwysers en enigiemand wat deur lap gefassineer word. Die foto's wys hoe gekoopte lapitems verfraai en gewone stukke lap versier kan word om enigiets onder die son te skep, insluitend vet kwarte vir kwiltwerk. Die skrywers, toon met hul duidelike stap-vir-stap aanbieding hoe om die tegnieke in die boek in lae tot ryk en pragtige afwerkings op te bou.