Die Liewe Heksie-Omnibus bevat een-en-dertig stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.
Die stories is 'n versameling uit die bundels: Lekker Liewe Heksie-stories en Die groot Liewe Heksie-storieboek wat in 1983 uitgegee is - met stories soos: Liewe Heksie kry 'n verjaarsdag, Liewe Heksie en die motor en Liewe Heksie kry 'n kat.
Bekende kunstenaar Piet Grobler se tekeninge vang die en humor en deernis in die verhaaltjies en karakters uitstekend vas.