Short description
Rose is vir ewig. Met vandag se meer as 50 000 verskillende roosvarieteite, is daar 'n roos vir elke tuin en smaak. Ludwig Taschner se rose is 'n gids tot die uitken, kweek en versorging van rose. Die titel is in twee dele verdeel.
Long description
Rose is vir ewig. Met vandag se meer as 50 000 verskillende roosvarieteite, is daar 'n roos vir elke tuin en smaak. Ludwig Taschner se rose is 'n gids tot die uitken, kweek en versorging van rose. Die titel is in twee dele verdeel. Die eerste deel handel oor die kweek van rose en die spesiale sorg wat hulle benodig, terwyl die tweede deel handel oor die verskillende roosvarieteite wat te kry is en kleuruitleg. Deel een bevat raad oor geskikte toestande vir die kweek van rose; grondvoorbereiding; besproeiing en bemesting; plaag- en siektebeheer; roosgesondheid; snoei; die sny en rangskik van rose. Deel twee fokus op roosbenaming; hibriede en fratse; verskillende roostipes en -groepe; kleurskemas met rose, hetsy in formele tuinontwerpe, informele tuinontwerpe, massa-aanplantings of eksemplaarrose as fokuspunte. Dit alles met kleurfoto's van individuele rose, roostentoonstellings en 'n groot verskeidenheid roostuine om tot inspirasie te dien.