Short description
My eerste honderd woorde is ’n prente-woordeboek vir die heel kleintjies. Vir dié wat net begin praat, is dit ’n opwindende kyk-en geselsboek; vir kinders wat al begin lees, is dit propvol interessante woorde en tekeninge; en sodra hulle begin skryf, word dit ’n stimulerende spelboek.
Benewens al die honderde voorwerpe wat uitgeken en opgenoem word, bied die prente ’n rykdom aan bekende dinge om te soek, oor te gesels, oor te raai. Deur die kleuter voorwerpe van dieselfde kleur of soort te laat uitsoek, kan dit ook gebruik word om hom te leer tel. Om die hele ontdekkingstog selfs pittiger te maak, kruip daar in elke prent ’n geel eendjie weg wat wag om gesoek te word.
Long description
My eerste honderd woorde is 'n prente-woordeboek vir die heel kleintjies. Vir die wat net begin praat, is dit 'n kyk- en geselsboek; vir kinders wat al begin lees, is dit propvol interessante woorde en tekeninge; en sodra hulle begin skryf, word dit 'n stimulerende spelboek. Benewens al die honderde voorwerpe wat uitgeken en opgenoem kan word, bied die prente 'n rykdom aan bekende dinge om te soek, oor te gesels, oor te raai. Deur die kleuter voorwerpe van dieselfde kleur of soort te laat uitsoek, kan dit ook gebruik word om te leer tel. Om die hele ontdekkingstog selfs pittiger te maak, kruip daar in elke prent 'n geel eendjie weg wat wag om gesoek te word.