Long description
Ouers is deesdae meestal gejaagd en aan die gang. Tog is dit noodsaaklik om jou kinders van kleins af bekend te maak met die Woord van God. Daarvoor is stil tye nodig, veral gedurende daardie kosbare vroeë jare van jou kinders se lewe. My goeienagbybel kan jou help om die tyd tot jou beskikking ten volle te benut. Deur die Bybelstories hierin te lees is ’n wonderlike manier om kinders te laat verstaan dat hulle belangrik is in God se oë. Hierdie rustige tyd saam met jou kind en God kan die sinvolste deel van jou dag wees.