Norrevok

Author:
C. Johan Bakkes
Format:
Softcover

Now:R175.95
eBucks:eB1760

South Africa

Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com

Norrevok

Short description

Norrevøk, so wil gerugte dit hê, is ’n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberië. Daar waar dit rérig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevøk min of meer sinoniem met "nooit boedel oorgee nie".

Long description

Die klim van 'n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak – jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar's ook heerlike oomblikke – as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts... Die maklik begaanbare wee hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle wee wat met bloedsweet gepaardgaan. Daar waar min ander dit nog gewaag het. Norrevok, so wil gerugte dit he, is 'n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberie. Daar waar dit rerig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevok min of meer sinoniem met "nooit boedel oorgee nie ... Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopie net nie meer genoeg van 'n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans. Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan 'n ou 'n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos 'n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en 'n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam "Wagter" kon gehad het.

Product details

Publisher:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN:
9780798150118
Publication date:
October 2008
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
165g
Pages:
144

Other products to consider

Stories vir die lewe omnibus: ’n Boek oor lewenswaardes
Stories vir die lewe omnibus: ’n Boek oor lewenswaardes

Author:
Piet Naude
Now R113.95
(eB 1140)
Die Hart Van Ons Huis
Die Hart Van Ons Huis

Author:
Marita van der Vyver
Now R175.95
(eB 1760)
Uit die binneland
Uit die binneland

Author:
Dana Snyman
Now R157.95
(eB 1580)
Skater
Skater

Author:
Pieter Pieterse
Was R195.00
Now R47.95
(eB 480)

Customer reviews & ratings

Buy this product

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project