Short description
Perfek vir adrenalien-junkies. ‘n Bundel met verhale oor die skrywer se talle reise en eienaardige ervarings, hetsy die uitklim van Ras Dehen, die hoogste bergkruin in Ethiopië, of ‘n reis na die Danakil-woestyn.
Long description
Na die groot sukses wat hy met sy debuut, Moer toe die vreemde in, behaal het, keer Johan C. Bakkes terug met nog 'n bundel verhale wat vertel van sy talle reise en buitengewone ervarings. Of dit nou gaan oor die uitklim van Ras Deshen, die hoogste kruin in Ethiopie, of 'n reis na die Danakil-woestyn, een van die mees onherbergsame gebiede op aarde (daar waar jou skoene smelt en jy letterlik kan voel hoe jou voete gaar word!), of wedervaringe veel nader aan die huis. Nou's ons in ons donner in is 'n titel wat die avonturier in elke leser sal wakker maak. Want soos die skrywer self se: "Reis net saam, want die werklike reis is meesal anders as die droomreis - of is dit?"