Short description
Die hoofdeel van die woordeboek bevat woordelyste wat alfabeties gerangskik is volgens die getal letters (van woorde wat uit 2 letters bestaan, tot by woorde met 24 letters). In die tweede deel word verklarings/leidrade gegee wat lei na Bybel-, persoons- en plekname en ander minder bekende woorde. Bylaes gee die name van SA provinsies, die ou Suid-Afrikaanse voertuigregistrasieletters, simbole van die elemente, Romeinse syfers, name van troudagherdenkings, ens.