Short description
Wat ‘n boek! Mense, skaf dit aan. Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en ‘n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens anders kry nie.
Dis geskryf deur 31 kenners
Dis die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991
Kassies lig interessante gebeure uit
Dit is ryklik geïllustreer
Dit het ‘n leesbare verteltrant en laat die verhaal van S.A. lééf.
Nuwe Geskiedenis aanlyn
Soek deur die teks van die oorspronklike boek en sien ook nuwe materiaal deur die skrywers by http://www.nuwegeskiedenis.co.za.
Help skryf aan die nuwe geskiedenis van Suid-Afrika of kyk wat ander lesers bygedra het by http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za.
Long description
Die laaste omvattende geillustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as 'n dekade gelede verskyn. Intussen het ingrypende verandering plaasgevind, nie net in die politiek nie, maar ook in die geskiedskrywing en die argeologie. Met die nuwe geskiedenis wil die skrywers die opwinding van vars insigte aan lesers oordra. Die titel, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers. Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloe wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die titel vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van 'n nuwe samelewing met nuwe dinamika. Hiernaas kyk die skrywers ook na breer kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys. Met die heel nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.