In ‘n Nuwe jy gesels 4 kenners oor ‘ periode van 30 dae oor ‘n spesifieke tema waarin hul gespesialiseerd is. Alhoewel die hoof tema van die boek gewigsverlies is, gee elke kenner oor ‘n tydperk van 30 dae tips en advies oor hoe om ‘n verandering aan jou leefstyl te maak en in die proses ‘n “mindshift” te maak wat jou nader aan God sal laat groei, maar ook gewig sal laat verloor.
Amanda Kuit pak die fisieke aan, Kobus Neethling gesels oor die verstandelike, Liesel Krause-Wiid oor jou geestelike toestand en Eugene Kemp oor die sielkundige aspekte in jou lewe wat ‘n “make-over” kan kry.
Die idee is om ‘n plan te skep waarin jy jou nie dood hoef te werk, of honger te lei nie, maar eerder ’n leefstyl verandering vir die res van jou lewe te maak.
Hierdie boek maak ‘n deel uit van ‘n baie suksesvolle projek, nl. Die nuwe Jy projek, waarmee FINESSE al die laaste paar jare baie sukses mee gehad het