Oscar Pistorius is sonder fibula (kuitbene) gebore. Op 11 maande is beide sy bene tussen die knie en enkel geamputeer. Droomloper vertel die storie van hoe ʼn dapper jong man met die ondersteuning van sy wonderlike ouers die struikelblokke van die lewe oorkom het deur eenvoudig te weier om die stryd gewone te gee. Oscar het in 2004 eers met die hulp van kunsledemate begin hardloop en het goud gewen in die 100 en 200 meter by die Paralimpiese Wêreldbeker die volgende jaar.
In 2007 neem Pistorius deel aan sy eerste internasionale kompitisie vir ongestremde atlete. Maar hoewel sy kunsledemate hom in staat gestel het om te mee te ding, het sy gebruik daarvan gelei tot bewerings dat hulle hom ʼn onregverdige voordeel bo ander naellopers gee. Alhoewel dié bewerings nou verkeerd bewys is, is kon hy nie aan die Olimpiese Spele van 2008 deelneem nie. Droomloper is ʼn roerende en inspirerende boek wat Oscar se reis volg van seuntjie sonder bene tot sportsupersterstatus. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet.