Write a review for this product.
Rate this product.
Oes die StormwindReviewed by Mrs Sylvie Botha from Gauteng, South Africa on 02 April 2007
108 of 209 people found the following review helpful:
Denise Woods het baie geskiedenis-navorsing gedoen en sy staaf haar standpunte met feitelike gebeurtenisse. Sy ken ook die Bybel baie goed, veral met die klem op afgodery, wat dit is en wat dit beteken. Haar boek weers@#$& egter slegs haar eie interpretasie en laat nie ruimte vir ander opinies nie.
Ek stem saam met Denise dat moderne beskawing neig daartoe om God uit te sluit en die mens te verhef. Ons vergeet soms dat alles wat ons bereik nie deur ons eie toedoen is nie, maar deur God se genade, en dat dit deel is van God se plan vir ons. Dit is ook prysenswaardig dat Denise pleit vir die herstel van God se heerskappy – Hy moet altyd eerste kom.
Wat my egter ontstel is dat sy beweer dat Afrikaners deur Volksgodsdiens en nasionale afgodery verlei is om ‘n kontrak met die koninkryk van die duisternis te sluit. Sy se ook dat Nasionalisme die produk van sataniese wysheid is. Dit is ‘n wye veralgemening wat deur meeste trotse Suid Afrikaners met minagting verwerp sal word. Met verwysing na die Voortrekker Monument:
Volgens Denise verteenwoordig dit “afgodery”. Ek dink Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en al die afgestorwenes wat daar vereer word sal in hul graafte omdraai as hulle hoor daar word beweer dat dit ‘n monument ter vereering van die okkulte en die duisternis is. Die geskiedenis boeke bewys die teenoorgestelde.
Volgens die monument se webwerf is dit gebou as ‘n huldeblyk aan die Voortrekkers wat hulle kultuur na die binneland gebring het. Die argitek Gerard Moerdijk het vrye hand in die ontwerp van die monument gehad. Beweer Denise dat hy 'n monument geskep het om die duisternis te verhef? Ek kwoteer uit die monument se webbladsy:
"The Voortrekkers attributed the victory to divine intervention; the Voortrekker Monument in Pretoria is a testament to that divine intervention." Die mikpunt was nooit om die okkulte te verhef nie.
Alhoewel ek dit baie veeleisend gevind het, is ek dankbaar dat dit my gehelp het om beter perspektief te kry op die kerk se mandaat om volgens Jesaja 56:7 te wees. Ek is meer as ooit oortuig daarvan dat meeste Christene daardie opdrag probeer uitleef.
Was this review helpful?