Short description
Hier is 'n onontbeerlike gids en reisgenoot! Dis nie 'n padkaart nie - eerder 'n bundel van feite, stories en legendes. Die styl is vars en maklik leesbaar en daar's hope foto's en streekkaarte. Suid-Afrika word deurkruis en elke dorp of stad word gedek.
Dis ideaal om saam te neem op vakansie, óf vir leunstoel-reisigers om deur te blaai en droom!
Long description
Hierdie van Op pad in Suid-Afrika kyk na die magdom gehuggies, dorpe en stede wat Suid-Afrika so 'n fassinerende plek maak om te verken. Die klem val op die interessante en informatiewe verhale wat in hierdie plekke opgesluit le. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke vandag word geskets. Ingesluit in elke hoofstuk is gedetailleerde streekkaarte, wat aangevul word met roete aanwysings in die teks. Die 37 hoofstukke is in logiese volgorde gerangskik – die reis begin by Kaapstad en kring dan verder noordwaarts uit. Sodoende word 'n land van geweldige diversiteit uitgebeeld – een wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste, van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droe wildernesse van die noordweste, van bedrywige metropole tot klein gehuggies wat altyd sluimer. Die grootsheid van die land word op boeiende wyse beskryf.