Short description
Dit is opwindend om te leer lees en skryf. Deel jou kind se entoesiasme terwyl hy of sy leer om duidelik en akkuraat te kommunikeer.
Long description
Dit is opwindend om te leer lees en skryf. Deel jou kind se entoesiasme terwyl hy of sy leer om duidelik en akkuraat te kommunikeer. Die aktiwiteite in Tuis met Afrikaans is ontwerp om jou kind te help om die basiese taalvaardighede wat later in die lewe nodig sal wees, te bemeester. Die PAL-reeks vir Tuis met Graad 2 is spesiaal geskryf om jou te help om die werk wat jou kind by die skool doen, te ondersteun. Die werkboeke gebruik 'n prettige maar gestruktureerde benadering, en is ontwerp om sukses aan te moedig. Die reeks is gebaseer op materiaal wat deur die onderwysdepartemente goedgekeur is, en verseker dat jou kind die nodige inhoud en vaardighede op 'n dinamiese wyse leer.