Short description
Die groot verskeidenheid projekte in hierdie titel sluit treffende juwele, en groter dekoritems vir bykans elke vertrek in die huis in.
Long description
Die groot verskeidenheid projekte in hierdie titel sluit treffende juwele, en groter dekoritems vir bykans elke vertrek in die huis in. Met volledige aanwysings vir enigiets van 'n stylvolle badkamerspieel tot elegante sout-en-pepermeuele, opdienborde, piouterkuns vir die woonkamer en 'n bedkassie vir die slaapkamer, is die klem dikwels ook op herwinning en hernuwing. Die ontwerpe is heeltemal oorspronklik en daar is patrone vir almal in die titel. Maklike aanwysings word vergesel van pragfoto's van elke voltooide artikel met omvattende wenke om seker te maak jou projek is 'n sukses.