Short description
Hierdie nuwe titel in die Afrikaanse mark stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van ‘n uitsonderlike kuns- en kultuurjoernaal. Dié stylvolle en visueel-prikkelende publikasie bestaan uit uitnemende foto-joernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verkillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap.
Long description
Hierdie opwindende nuwe titel in die Afrikaanse mark stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van ‘n uitsonderlike kuns- en kultuurjoernaal.
Pomp is ‘n stylvolle, lewendige en polsende publikasie wat die kunste in Afrikaans vier. Dit verleen ‘n wegbreek vir die ondersoekende gees, en stel ten toon die beste wat Suid-Afrika het om te bied in kuns en kunstenaars. Hierdeur word neigings en tendense bekendgestel en word jong toonaangeërs gelanseer.
Die visueel-prikkelende inhoud bestaan uit uitnemende foto-joernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verskillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap: skone kuns, fotografie, beeldhouwerk, argitektuur, leefstyl, reis, kos en wyn en vele meer.
Verskeie bekende en opkomende name skryf in Pomp 08: Hans Pienaar, Riana Scheepers, Joan Hambidge, Dana Snyman, Kleinboer, Cherie Collins, Kasha Potgieter, Adolph van Coller, Andries Bezuidenhout, Daan du Plessis, Erns Grundling, Vincent Pienaar, Chutney de Ridder, Mariette Snyman, Jean Oosthuizen, Johan Badenhorst en Steve Hofmeyr.
Lees Pomp 08 en kom kuier saam in die Karoo Café en in sexy Sunnyside, kom vroetel deur die Boeremark en vier fees by Oppikoppi; kom reis saam na die piramides van Meroë, en ook na Mosambiek en Kenia; kom stap deur Absa se kunsversameling en wandel deur die toonaangewende Irene Village Sentrum. Kom lees meer oor 80 Afrikaanse boeke en sien die diverse Suid-Afrikaanse landskap deur die lense van verskeie fotograwe. Kom besigtig ons seksualiteit deur die lens. Kom lees meer oor Elana Afrika, Koos du Plessis, Elize Botha, Etienne Leroux, jazz in Suid-Afrika, Afrikaanse stripkuns, boekontwerp, die Tokkelossie en oor fotografie as terapie. Kom stap in die spore van die Ruiter, kom herleef Oubaas Heyns se films en kom loer in by Kompleks. Kom lees oor ink in jou are, kom maak tuin saam met Sanna; kom beleef saam die Krag van Drome, kom betrag godsdiens en spiritualiteit en kom stap saam in die koel kelders van Saronsberg.
Dit en vele meer nooi die leser uit om onbevange te pomp in Afrikaans.
Review
’n Nuwe kuns-en-kultuurjoernaal genaamd Pomp 08 het pas verskyn.
Die publikasie wil die plaaslike kuns-en-kultuurlandskap reflekteer en dek onderwerpe soos die visuele kunste, fotografie, beeldhou, argitektuur, leefstyl, reis, musiek, kos en wyn.
Van die skrywers wat bydraes lewer, is Kleinboer, Riana Scheepers, Hans Pienaar, Erns Grundling, Steve Hofmeyr, Joan Hambidge, Vincent Pienaar en Andries Bezuidenhout.
In dié uitgawe word Elize Botha gehuldig en daar is ook artikels oor Etienne Leroux, jazz in Suid-Afrika, strokieskuns en boekontwerp, asook oor fotografie as terapie.
Pomp 08 is op die pas afgelope Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn bekend gestel.
Die boek bevat pragfoto’s en die uitleg is uitstekend. - Beeld - 13/04/08