Short description
Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie. Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande wanneer jy 'n ouer word.
Long description
Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie. Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande wanneer jy 'n ouer word. Hierdie titel sal 'n reusebydrae lewer to elke ouer se ouerskapvaardighede. Dit fokus op kommunikasie as die kern van interpersoonlike verhoudings en sal jou help om jou kinders die beste moontlike, weloorwoe opvoeding te gee. Hoewel elke mens 'n unieke kulturele agtergrond het, is daar universele ouerskapbeginsels en het ons kinders dieselfde behoeftes, vrese en drome. Elkeen van ons se diepste behoefte is waarskynlik om te weet dat ons gekoester en waardevol geag word bloot op grond van onsself wees. Positiewe ouerskap kyk uit hierdie perspektief na die volgende: Wat is jou wense vir jou kind? Hoe struktuur geborgenheid meebring; 'n Goeie selfbeeld vir jou kind; Vorm goeie verhoudings; Onvoorwaardelike liefde; Hoe om pret te he met jou kind. Spiritualiteit positiewe ouerskap is 'n noodsaaklike gids om ouers te help om die wonderlike, maar veeleisende verantwoordelikheid van ouerskap in die 21ste eeu in Suid-Afrika met selfvertroue te hanteer.