Hier het ons weer vintage Kombuis. In ’n skerp satire met baie donker ondertone beeld Kombuis die verval van die Afrikaanse samelewing uit. Die hooffokus is ’n predikantsgesin, maar eintlik loop almal deur – die skrywer spaar niemand nie.
Raka - die roman ontgin die vrese van die moderne Afrikaner in hierdie oorgangstyd van die oue na die nuwe, van die plaaslike lokale realisme tot 'n virtuele, relatiewe werklikheid. Die ou gode het gesterf, maar daar is nog geen nuwes om hul plek in te neem nie ...
"Kombuis se skouspel laat jou bulder ... 'n moet vir elke ikonoklas se boekrak." (Die Burger, 7 November 2005, P.11).