Short description
Hier is 44 skryfsels oor die lewe en die liefde, wat dikwels as "skewe snytjies brood" (in Koos Doep se woorde) na ons toe kom.
Long description
Hier is 44 skryfsels oor die lewe en die liefde, wat dikwels as "skewe snytjies brood" (in Koos Doep se woorde) na ons toe kom. Die kuns van die lewe le dan in hoe ons dit eet – gulsig, of met dankbaarheid? Hieroor gaan die titel en ook die afdeling met aangrypende gebede. En op die koop toe bevat die pakket 'n gratis CD met 9 snitte waarop Wiid van haar mooiste liedere sing en bypassende voorlesings uit die titel doen.