Short description
Nina O'Neill se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy's nie 'n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is 'n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers.
Long description
Nina O'Neill se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy's nie 'n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is 'n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers. Na 'n voorval waar Nina op invloedryke mense se tone trap, kry sy opdrag om deel uit te maak van Quinn Chauncey se sekuriteitspan tydens sy optrede in Suid-Afrika.