Short description
Slimkoppe Ek is Drie is 'n volkleur-aktiwiteitsboek, ontwikkel om driejariges sleutelvaardighede te help aanleer terwyl hulle speel-speel aktiwiteite aanpak saam met die liewe Slimkoppe-karakters. Agter in die boek is stap-vir-stap-notas vir ouers.
Long description
Die reeks is in Suid-Afrika gekonseptualiseer, ontwikkel en geskryf deur ervare opvoeders wat spesialiseer in kinders se vroeë ontwikkeling. Elke boek bevat aktiwiteite wat kinders vroeë syfer-, letter- en lewensvaardighede help ontwikkel. Gedetailleerde notas verduidelik die doel van elke aktiwiteit en bied nuttige wenke en idees hoe ouers die aktiwiteite verder kan uitbrei.
Customer reviews & ratings