Long description
Die laaste boek in die Merk van die leeu-reeks fokus op Atretes, ’n gladiator wat in die arenas moes veg om die Romeine plesier te verskaf. Hy vind uit dat sy kind leef en grootgemaak word deur ’n weduwee met die naam Rispa. Volg hulle verhaal deur Rome en Efese en oor die berge tot in die hart van Germanië. Hierdie is Christelike fiksie op sy beste!