Write a review for this product.
Rate this product.

'n "Whodunnit" uit die boonste rakke
Reviewed by Allison on 20 August 2010
215 of 403 people found the following review helpful:
In dié spanningsroman, wat volg in die voetspore van Deon Meyer en Ian Rankin, is daar meer skop, skiet en gatskop as wat Bruce Willis in ‘n jaar kan vermag. Alex Cloete, eens ‘n gevreesde lid van die spesiale magte, is deesdae ‘n misoes wat oorleef op die genade van sy vriendelike – en soms meer as gewillige – bankbestuurder, Hanlie.
Sy geliefde seun, Xander, sien hy byna nooit en die liefde van sy lewe is getroud met sy suksesvolle, beterweterige broer.
Probleme van ‘n ander graad duik op wanneer Xander deur ‘n geheimsinnige spul skobbejakke van die ergste graad ontvoer word.
Dié krisis maak Alex se vegtersinstink en speurvernuf in hom wakker.
Is dit sy verlede wat hom inhaal? Of het sy eks meer afgebyt as wat sy kon kou? Gelukkig is Alex darem nie alleen nie: hy kan steeds op die knoppies van ‘n paar ou kamerade druk.
Sukkel met dié ou en jy sal gelukkig wees om jou voortande te behou.
Sukkel met sy familie... dan bly daar van jou net ‘n nat kol oor.
Was this review helpful?