Short description
Die eerste drie jaar van 'n kind se lewe is verreweg die belangrikste onwikkelingsjare omdat dit grondliggend is aan alle verdere ontwikkeling.
Long description
Die eerste drie jaar van 'n kind se lewe is verreweg die belangrikste onwikkelingsjare omdat dit grondliggend is aan alle verdere ontwikkeling. Hierdie titel fokus op stimulering gedurende hierdie kritieke tydperk, en dek onder andere die volgende: Die leerproses volgens jou kind se potensiaal; 'n Stimulerende omgewing; brein-, sensoriese en motoriese ontwikkeling; liggaamsbeeld en selfbeeld; die ontwikkeling van spel; spraak- en taalontwikkeling; perseptuele en kognitiewe ontwikkeling; emosies; dissipline en probleemoplossing.