Toewaaisand, sy tweede en laaste roman was onvoltooid. Sy vriend, die skrywer Piet van Rooyen, wat ten nouste daarmee gemoeid was, skryf in die nawoord tot die roman: "Dit was vir my byna vanselfsprekend dat ek die manuskrip ná Chris se dood verder sou wou vat. ... Ek het ... gemeen Chris het die pad ver genoeg uitgestippel dat ek die werk met goeie moed kon takel."
By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestaander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woesyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai. ... en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikeid is.