Short description
Wanneer die sirkus na Kwaggaberg toe kom en die Boksombende die kragman as ‘n bedrieër ontmasker, kry Trompie ‘n blink plan: om ‘n sirkus in sy ouers se sitkamer te hou. Maar jy’t meer nodig as ingeduikte skoene en ‘n kettie in die sak om iets só absurd te laat slaag en te keer dat ‘n katastrofe plaasvind.