Short description
Die skrywer gee 'n sonderlinge binnekyk na 'n plattelandse bruin gemeenskap. Die storie loop oor drie geslagte en met drie storielyne: Antie Mina is ongeletterd maar verstandig en wys. Frieda, wat sy grootgemaak het, wat nou 'n opsiener is in die appelfab
Long description
Die skrywer gee 'n sonderlinge binnekyk na 'n plattelandse bruin gemeenskap. Die storie loop oor drie geslagte en met drie storielyne: Antie Mina is ongeletterd maar verstandig en wys. Frieda, wat sy grootgemaak het, wat nou 'n opsiener is in die appelfabriek. En Frieda se twee dogters, Lilly en Lucy. Oom Charles vry na Mina, maar verniet. Frieda sit in 'n slegte huwelik met John totdat sy op 'n dag genoeg gehad van die mishandeling en, heeltemal teenstrydig met haar aard, hom uitskop. Lilly begin ook in die fabriek, maar dis deur haar werk by ’n sorgsentrum vir die ontheemdes dat sy ’n selfversekerde vrou word. En daar is ook die aantreklike pastor in die prentjie. Dis net Lucy wat geleerd raak en, bekkig, sinies en onafhanklik gebore, in die biblioteek gaan werk. 'n Sober, bevrydende boek waarin die rol van kerk en godsdiens in mense se lewens gedemonstreer word waarin vroue hulle keuses uitoefen sonder om aan die onderdrukking van hulle gees toe te gee.