Uit Die Binneland

Dana Snyman se sketse is ‘n humoristiese, maar deernisvolle blik op die wêreld van juke-bokse, Valiants en Zephyrs, op die arm mense, die banges en... more
Author:
Dana Snyman
Format:
Softcover
Edition:
1
Average customer rating:
 (Reviews)

Delivery:
South Africa Usually within 8 working days.
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller
3rd Party:
used from R 95.00
Now:
R195.00
eBucks:
eB1 950
Discovery Miles:
1 950
  • Pintrest

Short description

Dana Snyman se sketse is ‘n humoristiese, maar deernisvolle blik op die wêreld van juke-bokse, Valiants en Zephyrs, op die arm mense, die banges en die goeies. Sy rubrieke en artikels in die Huisgenoot, Beeld en Wegbreek het hom gewild gemaak.

Long description

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafes met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in 'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het 'n bakkie se “gers soos 'n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermore die skorro-skorro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur 'n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te se waar die lag ophou en die traan begin – en andersom.

Product details

Imprint:
Human & Rousseau
Publisher:
NB Uitgewers / Publishers
ISBN:
9780798144858
Publication date:
January 2005
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
180g
Edition:
1
Pages:
144
Audience:
General
Pages:
144

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  'n Smile op my dial
Reviewed by Nita Kleynhans from Pretoria on 12 April 2005
10804 of 22532 people found the following review helpful:

Ek het hierdie boek onverwyld aangekoop nadat ek die volgende epos ontvang het van 'n vriendin wat eiehandig Exclusive Books in die groen hou. Hi, as julle hierdie kortverhaalbundel raakloop, koop dit gerus! Die skrywer, Dana Snyman, is my ouderdom en alles waaroor hy skryf is so bekend. Goeie ou dae van inry-teaters, padkos inppad vir eet oppad Kaap toe, hoe hy nou voel as ‘n 40-something-pale-male, ‘n brief wat hy en die tuinman aan Jim Reeves geskryf toe hy (Dana) ‘n klein laatie was, net om by die poskantoor se meisie uit te vind Jim Reeves is al dood! Dis wonderlike nostalgie en sal smiles op julle dials sit. En was sy nie in die kol, die beste kopie wat ek in 'n lang tyd gemaak het!!

Was this review helpful?    

 

  Dana is bobaas
Reviewed by Stephan Du plessis from Boksburg on 03 May 2005
10778 of 22942 people found the following review helpful:

Twee dinge is seker. Een, Dana Snyman kén sy mense. Twee, sy observasies is absoluut fantasties. Jy lees nie hierdie sketse nie, jy beleef hulle. As jy tussen die ouderdomme van so 30 en 40-jaar is, sal jy veral kan identifiseer met van die stories, aangesien dit 'n samestelling is van dinge en mense waarmee die skrywer oor die jare te doen gekry het. Telkens moes ek myself daaraan herhinner dat ek besig was om 'n boek te lees, en nie 'n persoonlike dagboek nie. Dana skryf oor ons land en sy mense, en hul doen en late. Soms wil-wil jy amper 'n traan afvee, ander kere kry jy pyn op jou maag van die al die gelag. Uit die binneland is 'n skertsende, eerlike, pynsende, hartseer blik op Suid-Afrika se mense wat jy moeilik gaan vind om neer te sit as jy eers begin lees het.

Was this review helpful?    

See more reviews

More buying options

Sell yours here
Showing 1-10 of 1 listing(s).
Price Condition Seller Comments Buy from 3rd Party
R95.00 + R35.00 Post office delivery Good Samuel van Dyk

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
18 Jun 2010
Location:
Pretoria, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Add to basket