Short description
Veelsydige lapverf is ’n pragboek met meer as 300 kleurfoto’s – ’n onontbeerlike bron van inspirasie, maar ook praktiese inligting.
Long description
’n Boek propvol vars idees met ’n eietydse benadering tot dié immergroen tydverdryf.
Die skrywers deel met genoeë die geheime wat hulle oor baie jare van klasgee en verf ontdek het.
nuwe idees oor kleur en kleurvermenging
waardevolle advies oor die kies van lap, ontwerpe, verf en kleure
’n wye reeks tegnieke wat verstaanbaar verduidelik word
duidelike stap-vir-stap foto’s en aanwysings vir meer as 50 projekte
oorspronklike ontwerpe waarvoor die patrone ingesluit is