Vegters teen politieke boelies

Author:
Koot Jonker
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Out of stock

South Africa

Vegters teen politieke boelies Out of stock

Short description

Koot Jonker skryf oor die stryd tussen die destydes KP en NP in aanloop tot die 1994 verkiesing.

Long description

In Vegters teen Politieke Boelies vertel Koot Jonker sy eerstehandse ervaring van die wit politieke gebeure in die aanloop tot die ANC-bewindsoorname in 1994. Dit is ’n binnekring mededeling van hulle wat weggebreek het van hul eertydse politieke tuiste, die regering van die dag. Hy skryf hoe dit ’n stryd geword het teen ’n regering met hul veiligheidsmagte (NI) en hul beheer oor die media (byvoorbeeld die destydse SAUK). Volgens die skrywer het die regerende party teen sy onderneming die kiesers van die dag op ’n kritieke oomblik mislei. Dit is die verhaal van ’n broederstryd van meer as tien jaar wat later gewelddadig geword het. Die dinamika van die 2009-verkiesing en die gepaardgaande veranderinge in die politieke landskap, maak hierdie insiggewende leesstof. Is dit waarvan die skrywer vertel, naamlik die soort boelie-tegnieke van die apartheidsregering, dít wat Mosiuoa Lekota (van COPE) die ANC van beskuldig?

Die skrywer vertel ook hoe Mangosuthu Buthelezi, van die IVP, vir Ferdi Hartzenberg, destydse leier van die KP, in trane gebel het. Ook hoe Nelson Mandela vir Hartzenberg gesê het: “Ek kan sien jy is ’n baie eerbare man”; en hoe ontsteld FW de Klerk in ’n stadium met Roelf Meyer was. Moes dit alles anders gewees het? Hierop antwoord die skrywer dat, as belydende Christen, hy glo in die toelatende wil van ’n lewende God. Die skrywer sluit af met verwysing na bekendes soos FW de Klerk en Pik Botha, asook na verskeie koerante se ontnugtering oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy is hoopvol vir die toekoms en kom tot die gevolgtrekking dat vaderlandsliefde en eietrots onder miljoene swartes, bruines, wittes en Indiërs ’n beter Suid-Afrika tot gevolg kan hê.

Product details

Publisher:
Griffel Media
ISBN:
9780981417721
Length:
210mm
Width:
148mm
Weight:
400g
Pages:
296

Other products to consider

Out of stock

Vegters teen politieke boelies

Vegters teen politieke boelies

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
eBucks
 
Visa R200 voucher offer
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project