Ver van vrede

Subtitle:
My volle verhaal
Author:
Jurie Els
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R161.95
eBucks:eB1620

More buying options:

South Africa

Delivery:
Usually within 7 working days.
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller

Ver van vrede

Short description

Die titel bied 'n voelvlug oor Els se lewe en loopbaan waarin omtrent elke naam in die Suid-Afrikaanse ligtemusiek-wereld 'n rol speel. Hoogs interessante leesstof vir almal met 'n belangstelling in die opwinding en die teleurstellings; die vriendskappe e

Long description

n Mens kan 'n speld hoor val in hof GC in die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Dis 09:30, Maandag 2 November 2009. "Ek het lank stilgebly. Ek is veroordeel, gekruisig en vermorsel deur die media en die publiek. Ek is uitgeskel vir alles wat sleg is. By teepartytjies en om braaivleisvure is oor my geskinder en gelag. Op internetblogs het duisende mense anoniem met my gespot en my veroordeel. Ek het niks gese nie. Ek kon nie. Ek moes doodstil bly. Ek moes my kans afwag. Nou is my kans. My enigste kans … My aktetas bevat 485 bewysstukke in Saak CC 206 van 2009: die Staat vs CJ Els … Jurie Els het huis toe gekom as beskuldigde in een van die mees opspraakwekkende sekssake in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis." So begin Jurie Els, bekende sanger en eggenoot van die voormalige hoogspringkampioen, Hestrie Cloete, se verhaal van sy private lewe en sy ervaring as sanger in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf – wat uiteindelik sou uitloop op 'n aanklag van onsedelike aanranding van sy destyds minderjarige protege: die jong sanger Robbie Klay. Die titel bied 'n voelvlug oor Els se lewe en loopbaan waarin omtrent elke naam in die Suid-Afrikaanse ligtemusiek-wereld 'n rol speel. Hoogs interessante leesstof vir almal met 'n belangstelling in die opwinding en die teleurstellings; die vriendskappe en die verraad in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Die titel is goed geskryf en gestruktureer – met boaan elke hoofstuk die datums (vanaf 1963-2010) waarteen die meevoerende drama afspeel. Dit sorg vir heelwat nostalgiese herinneringe aan bekende maar dalk vergete radioprogamme, rolprente, TV-reekse, tydskrifte ,"plate", CD's, kunstenaars en kompetisies deur die jare soos Els se vertellings dit voor die leser se oog laat verbyskuif ...Die titel van Els se boek, Ver van Vrede, is 'n gepaste en ironiese keuse. Aan die een kant is hy en sy gesin wat deesdae in Nieu-Seeland woon, letterlik "ver van Vrede", die Vrystaatse dorpie waar Jurie grootgeword het en waarheen hy telkens sou terugkeer. Die ongure hofsaak wat teen hom aanhangig gemaak is en die tol wat dit finansieel, emosioneel en loopbaangewys van hom geëis het, wek die indruk dat hy aan die einde van die verhaal inderdaad "ver van vrede" sou wees. Tog eindig die boek met die woorde: "Ek is ver van Vrede. Tog het ek vrede gekry. Volkome Vrede." 'n Bonus tot die boek – wat veral die duisende belangstellendes in Els se opspraakwekkende verhoor van 2009 sal interesseer – is die uitgebreide woordelikse uittreksels uit die hofstranskripsies van dié saak wat agter in Ver van Vrede opgeneem is. 'n Treffer is op pad!

Product details

Publisher:
Naledi
ISBN:
9780620475297
Length:
213mm
Width:
137mm
Pages:
454

More buying options

View all 1 used from R100.00
Queries
R100.00
+ R35.00 Post office delivery
Good
Seller: Barbara Naude  
Delivery: Dependent on 3rd party seller
0

    1     

Other products to consider

Hoe God ons heelmaak
Hoe God ons heelmaak

Author:
Maretha Maartens
Now R117.95
(eB 1180)
The Dirt - Motley Crue: Confessions of the World's Most Notorious Rock Band: Confessions of the World's Most Notorious Rock Band
The Dirt - Motley Crue: Confessions of the World's Most Notorious Rock Band: Confessions of the World's Most Notorious Rock Band

Author:
Mick Mars; Neil Strauss; Nikki Sixx; Tommy Lee; Vince Neil
Now R169.95
(eB 1700)
Seks & Drugs & Boeremusiek
Seks & Drugs & Boeremusiek

Author:
Koos Kombuis
Now R184.95
(eB 1850)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Aangenaam Verras!!
Reviewed by Unknown from Pretoria on 21 September 2010
135 of 320 people found the following review helpful:

Sue Cilliers (2010-09-21) Ek is aangenaam verras. Die boek is GOED geskryf en die feit dat Els aanhaal uit die hoftranskripsies, maak dat 'n mens 'n objektiewe mening kan vorm. Dis glad nie vol swartsmeer en skinder soos in die media voorgegee is nie. Dis boeiend en interessant.

Was this review helpful?    

Buy this product

Ver van vrede

Ver van vrede

Now:R161.95
eBucks:eB1620
The basket has moved
 
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa Premium
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project