Short description
Marian Sinclair en haar niggie Morag hou vakansie op die Skotse eiland Mull en gaan met groot vooroordele tuis by Kasteel Glenbogan, die setel van die aristokratiese familie wat hulle veronderstel is om te verfoei weens ’n eeue oue familievete.
Long description
Marian Sinclair en haar niggie Morag hou vakansie op die Skotse eiland Mull en gaan met groot vooroordele tuis by Kasteel Glenbogan, die setel van die aristokratiese familie wat hulle veronderstel is om te verfoei weens ’n eeue oue familievete. Op Glenbogan leer hulle die MacLean-broers ken as mense wat vriendelik en gasvry is. Maar spoedig begin vreemde ongelukke en teespoed die Kasteel ry.