Short description
Hedendaagse kinders word basies van geboorte af gebombardeer met afbrekende boodskappe oor seks en seksualiteit. Die beste ding wat Christenouers dus kan doen, is om hulle kinders van 'n jong ouderdom af leer wat God se bedoeling met seks is.
Long description
Hedendaagse kinders word basies van geboorte af gebombardeer met afbrekende boodskappe oor seks en seksualiteit. Die beste ding wat Christenouers dus kan doen, is om hulle kinders van 'n jong ouderdom af leer wat God se bedoeling met seks is. Voordat ek gebore is is die titel in die Seks se plek in God se skepping-reeks en help ouers om kinders tussen vier en agt se vrae oor hierdie netelige onderwerp te beantwoord. Deur maklik verstaanbare taalgebruik en leersame illustrasies verduidelik hierdie boeke vir kinders watter spesiale geskenk God vir mans en vroue gegee het. Dit kyk na onderwerpe soos waarom God ons liggame verskillend gemaak het, God se plan vir liefdevolle huwelike en gesinne, die basiese feite rakende seks binne die konteks van die huwelik, bevrugting en fetusontwikkeling asook geboorte en borsvoeding. Voordat ek gebore is is bedoel vir ouers wat graag vir hulle kinders 'n beter begrip wil gee van God se bedoeling met seks en voortplanting.