Liefde is die belangrikste element in enige ouertiener-
verhouding. Volgens Gary Chapman moet ouers leer om liefde uit te druk op ’n manier wat sin maak vir tieners. Party tieners smag na teer woorde, ander na ’n bedagsame geskenk, ’n goeie daad of tyd wat sinvol saam deurgebring word.
Hierdie boek is vol oneindig kosbare skatte en
ouers sal ontdek hoe om tieners se primêre liefdestaal te identifiseer en te praat en wat die wortel van die wangedrag onder tieners is. Lesers sal ook ontdek hoe om tieners ’n sin van verantwoordelikheid te leer en hoe om beide ouer- en tienerwoede te hanteer.
Gary Chapman weet wat moderne ouers nodig het. Vyf tale van die liefde van tieners is ’n wonderlike hulpbron wat ouers wys hoe om die neiging tot geweld, sedeloosheid en moedeloosheid om te
keer wat vandag so deel is van die tienerwêreld. Dit
sal ouer-tiener-verhoudings ingrypend positief verander.