Short description
Met die fenominale suksesverhaal van die reis- en buitelugtydskrif Weg is die uitgewers genoop om die beste artikels in dié tydskrif in boekvorm uit te gee. Stories oor die wildtuin, “fifties”-motorfietse, Evil Knievel en gesinsvakansies en vele meer is lekker langpad-leesstof. Met skrywers soos Dana Snyman, Bun Booyens en Willemien Brümmer.