Short description
Die eerste volume van die outobiografie van Elsa Joubert, een van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n autobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer.
Long description
Die eerste volume van die outobiografie van Elsa Joubert, een van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n autobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is dié van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wêreldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

'n Wonderlike beeld van 'n tyd
Reviewed by Reinette from Kaapstad on 16 July 2012
Hierdie pragtige boek sal nie net lesers van die Paarl interesseer nie. Dit gee 'n pragtige beeld van die skrywer en daarmee saam van 'n tyd waarin sy jonk was - met sosiale kommentaar en al.
Was this review helpful?

Wonderlike geweld - Wonderlike leesstof
Reviewed by Mev Rene De waal from Durbanville on 02 April 2006
5450 of 11831 people found the following review helpful:
'n Moet lees vir almal wat in die Paarl grootgeword het. Die absolute eerlikheid (al is dit soms ten koste van haarself)waarmee Elsa Joubert haar grootwordjare beskryf is baie treffend en maak die boek baie geloofwaardig. Daar is geen lang eentonige episodes wat mens verveel nie. As mens die boek neersit nadat jy daarmee klaar is, voel dit soos om totsiens te se vir 'n goeie vriend.
Was this review helpful?