Short description
Hierdie gids is spesifiek gerig op die eienaar van perde, donkies en muile in Suid-Afrika en dek al die siektes, parasiete en plantvergiftigings wat by hierdie diere voorkom, met die klem op hoe om die toestande te voorkom.
Long description
Hierdie gids is spesifiek gerig op die eienaar van perde, donkies en muile in Suid-Afrika en dek al die siektes, parasiete en plantvergiftigings wat by hierdie diere voorkom, met die klem op hoe om die toestande te voorkom. Die titel verskaf diepte-inligting oor die oorsaak, belangrikheid, simptome, diagnose, behandeling en voorkoming van aansteeklike en nie-aansteeklike siektes van lede van die perdefamilie, en sluit foto's van die meeste van die toestande in. Die belangrikste inwendige en uitwendige parasiete van perde word bespreek en geillustreer, met inbegrip van hulle lewensiklus, voorkoms en beheer. Produkte wat tans geregistreer is vir die beheer van parasiete word gelys, met riglyne oor hulle voor- en nadele en hoe om hulle te gebruik. Die giftige plante wat perde raak, word uitvoerig beskryf en geillustreer met inligting oor die simptome, diagnose, behandeling en voorkoming van plantvergiftigings. Die plante word geillustreer en sommige kliniese gevalle van vergiftiging word vermeld. Hierdie is die eerste omvattende veeartsenykundige gids wat spesifiek vir die Suid-Afrikaanse perde-eienaar geskryf is.