'n Hemelhoe hekkie

Author:
Douwleen Bredenhann
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R148.95
eBucks:eB1490

South Africa

Delivery:
Usually within 7 working days.
Seller:
kalahari.com

'n Hemelhoe hekkie

Short description

Lewenslank — is dít hoe lank dit 'n ma neem om die moord op haar jong dogter te verwerk? Op 26 Februarie 1988, ‘n Vrydagaand, het Douwleen Bredenhann haar dogter Liesl by die balletklas gaan haal en begin kosmaak. Minute later is Liesl in hul agterplaas vermoor terwyl sy haar hondjie gaan kosgee het. ’n Hemelhoë hekkie is Douwleen se hart-verskeurende ware verhaal van skok, pyn en ’n geleidelike soort heling. Die vertelling is onverskrokke en skreiend eerlik. Dit sal jou waarskynlik lewenslank bybly. Ook beskikbaar in Engels, Living Without Liesl.

Long description

Lewenslank — is dít hoe lank dit 'n ma neem om die moord op haar jong dogter te verwerk? Op 26 Februarie 1988, ‘n Vrydagaand, het Douwleen Bredenhann haar dogter Liesl by die balletklas gaan haal en begin kosmaak. Minute later is Liesl in hul agterplaas vermoor terwyl sy haar hondjie gaan kosgee het. ’n Hemelhoë hekkie is Douwleen se hart-verskeurende ware verhaal van skok, pyn en ’n geleidelike soort heling. Die vertelling is onverskrokke en skreiend eerlik. Dit sal jou waarskynlik lewenslank bybly. Ook beskikbaar in Engels, Living Without Liesl.

Product details

Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd
ISBN:
9780624048244
Length:
213mm
Width:
137mm
Pages:
176

Other available formats


Other products to consider

Stripped: The King of Teaze
Stripped: The King of Teaze

Author:
Vincent Marino
Now R150.95
(eB 1510)
'n Dans met die dood: Joernaal van ’n anoreksielyer
'n Dans met die dood: Joernaal van ’n anoreksielyer

Author:
Aniel Botha
Now R153.95
(eB 1540)
Shattered Silence: The Untold Story of a Serial Killer's Daughter
Shattered Silence: The Untold Story of a Serial Killer's Daughter

Author:
Melissa G. Moore
Now R174.95
(eB 1750)
Around Africa on my bicycle
Around Africa on my bicycle

Author:
Riaan Manser
Now R157.95
(eB 1580)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Hartroerende ware verhaal
Reviewed by Ouer from Kaapstad on 24 April 2011
87 of 184 people found the following review helpful:

Lees dit, en jy sal nie weer dieselfde na die wereld kyk nie. Dis diep ontroerend en sal jou bybly. Dankie, Douwleen, dat jy die moed gehad het om die ondenkbare hartseer te verwoord.

Was this review helpful?    

 

  'n Hoogs uitsonderlike boek!
Reviewed by Johan A. van der Merwe from George on 26 April 2010
565 of 1159 people found the following review helpful:

Reeds die feit dat die uitgewers 'n Engelse vertaling gelyktydig met die oorspronklike Afrikaanse weergawe laat verskyn het, is 'n aanduiding dat 'n mens hier met 'n besondere boek te doen het. Maar dit is meer. Voor die einde van hoofstuk twee kry die leser al die aanvoeling dat hierdie boek 'n onvergeetlike leeservaring sal wees. So ver bekend is dit minstens in Afrikaans die eerste publikasie van hierdie aard: 'n ma se persoonlike verslag oor die moord op haar agtjarige dogtertjie en haar lang, uitmergelende reis daarna op soek na genesing. Die feit dat Bredenhann 'n gesonde balans kon tref tussen, enersyds, die onvermydelik emosionele skryf oor die ergste nagmerrie wat ouers kan tref en, andersyds, 'n nugtere relaas is 'n kragtoer op sigself. Die boek is so bevatlik en byna verstommend eerlik geskryf dat dit ongetwyfeld 'n baie wye leeskring sal geniet. Dit hoort sekerlik ook in die hande van kliniese sielkundiges, predikante en ander beraders omdat 'n mens hier 'n intiem-persoonlike en indringende kyk kry in die hart van iemand wat langdurig en intens worstel om tot so 'n volledig moontlike verwerking van onnoemlike leed te kom. Tipiese foute wat deur welmenende troosters begaan word, kom ook aan die orde. Die skrywer sal waarskynlik die eerste wees om te erken dat die pad wat sy dusver geloop het en die antwoorde waarby sy uitgekom het nie as teksboek vir almal in dergelike omstandighede geld nie. Daarvoor is die deurwerk van traumatiese droefheid soos hierdie 'n te persoonlike saak. Tog bied haar hantering daarvan wel waardevolle riglyne. Douwleen Bredenhann se reis na groter vrede en troos is nog nie afgehandel nie, maar die dapper manier waarop sy hoopvol met die ondersteuning van baie vorentoe reis maak die lees van 'n Hemelhoë hekkie 'n uitsonderlike belewenis. Afgesien van al die voorgenoemde is die verskyning van hierdie boek ook om 'n ander rede 'n gebeurtenis om van kennis te neem: Bredenhann is 'n skrywer om dop te hou. 'n Mens sien daarna uit om meer van haar te hoor en vertrou saam met haar dat 'n volgende werk uit haar pen iets van 'n geheel en al ander aard sal wees.

Was this review helpful?    

Buy this product

'n Hemelhoe hekkie

'n Hemelhoe hekkie

Now:R148.95
eBucks:eB1490
The basket has moved
 
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa Premium
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
MySchool Smart-Kids Offer