Short description
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is.
Long description
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is 'n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van 'n sisteem, maar met 'n versigtige blik op dinge soos die "tuisland-beleid", die "expat"-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op 'n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

n Klein Lewe...n Nuwe lewe!
Reviewed by Isabel on 12 December 2012
2 of 5 people found the following review helpful:
Wilna Adriaanse is een van my geliefste skrywers. Ek het met groot verwagting uitgesien na hierdie nuwe boek van haar.
Haar skryfstyl is dieselfde maar hierdie is n heel ander aspek van haar storie-skryf-styl. Soos altyd kom mens agter watter geweldige navorsing agter alles is wat hier met haar pen neergele is.Dis n diep boek, neem mens terug na jou eie kinderjare en verwoord so baie dingetjies wat in mens se kop gedraai het voor 1994.Ek het die boek baie geniet,maar moet se, ek verkies haar vorige treffers.Dankie Wilna.
Was this review helpful?