Long description
Baie mense wonder oor die hel – bestaan dit regtig, en indien wel, waar is dit en hoe lyk dit daar? Bill Wiese glo God het die hel aan hom gewys sodat hy mense wat nog nie hul lewens vir God gegee het nie, kan waarsku. In 23 Minute in die hel vertel Bill wat hy gesien, gehoor en gevoel het tydens sy 23 minute-ervaring in die hel sodat ander mense alles in hul vermoë kan doen om die hel ten alle koste te vermy.