Gedeeltes uit die Bybel is in 1878 vir die eerste keer in Afrikaans vertaal deur CP Hoogenhou, A Pannevis en SJ du Toit. Die eerste volledige Bybel is egter eers in 1933 gepubliseer. 'n Hersiene uitgawe word in 1953 uitgegee. Diè vertaling staan vandag bekend as die 1933/53-vertaling en is steeds 'n baie gewilde tradisionele vertaling wat uit die Heebreeuse, Griekse en Aramese brontekste vertaal is.