Short description
’n Nuwe mode neem Wemmeldorp op horings en dis nie lank nie of Pinkenolsie word saamgesleep. In hierdie pragtige verhaal sal kinders leer dat God elkeen spesiaal en uniek gemaak het en dat God hulle help om hulleself te wees, maak nie saak wat ander sê nie.
Long description
’n Nuwe mode het die Wemmels beetgepak: almal wil ’n groen neus hê! Pinkenolsie kan hierdie besigheid glad nie verstaan nie. ’n Groen neus sal hom tog nie vinniger, sterker of slimmer maak nie. En boonop sal hy dan nes al die ander Wemmels lyk. Maar sy goeie voornemens hou nie lank nie. Stadig maar seker begin die groen neuse al hoe aantrekliker lyk. Dis ook glad nie lekker om deur die ander gespot te word juis omdat sy neus nié groen is nie. En so gebeur dit dat Pinkenolsie se neus groen word … en toe rooi … en toe pers …
In sy nuutste avontuur kan kinders baie by Pinkenolsie leer. Hulle wil ook inpas en deel van ’n groep wees. Soms beteken dit egter hulle moet soos ander mense optree of die risiko loop om verwerp te word. Uit Pinkenolsie se ervaring sal kinders leer dat God hulle spesiaal en uniek gemaak het. Hulle sal opnuut besef dat God elke mens maak presies soos Hy wil hê ons moet wees. En bo alles sal hulle besef dat God hulle altyd sal liefhê en hulle sal help om hulleself te wees.