Short description
Die Bybel A-Z is ’n omvattende hulpmiddel vir élke gelowige. Dit is gerig op teoloë, Bybelstudiegroepe, Bybelstudente, tieners, ouers wat saam met hulle kinders om ’n tafel huisgodsdiens wil hou: met ander woorde, elke gelowige wat erns maak met sy geloof en die Bybel beter wil verstaan.
Long description
Dis die ideale kaart vir enige leser se avontuurrit deur die Bybel, van A tot Z!
Hierdie hulpbron sluit die volgende in:
Die inhoud van elke Bybelboek word in hedendaagse Afrikaans vertel. Die vertellings is kernagtig, maar Skrifgetrou en gee die dinamika van die teks weer sonder om kommentaar te lewer. Die hoofgebeure van elke boek word sinopties aangebied.
Dit verduidelik waar die Bybel vandaan kom en hoe dit geskryf is.
Dit dui die skakeling tussen die Ou en Nuwe Testament aan.
Wat het gebeur nadat die laaste boek van die Bybel geskryf is? Lees daaroor.
Tydlyne posisioneer die leser geskiedkundig ten opsigte van die gebeure in Bybelse tye, maar dui ook sekulêre gebeure aan.
Die geskiedenis van Skrifinterpretasie word verweef met die kerkgeskiedenis.
Dit verduidelik wat die Apokriewe Boeke is en waarom dit nie in die Bybel is nie.
Elke Bybelboek fokus op bepaalde lewenstemas wat dit relevant maak vir vandag.
Daar is interessante inligting oor hoofkarakters in die Bybel.
Verrykte kaarte gee baie interessante inligting, soos ’n kort geskiedenis van die stede en inligting oor argeologiese opgrawings.
Die inligting word verder aangevul en verduidelik deur diagramme en foto’s.
Dit bevat inligting oor interessante agtergrondgebeure, soos sosiale gebruike van daardie tyd, kalenders en mense se gebruike en gewoontes. Plante, diere, grimering, ens.
Verder gee dit inligting oor resente probleme en teologiese interessanthede, soos die historiese Jesus, gebed en engele.
Indekse van belangrike mense, plekke en onderwerpe.
Bybelstudies oor interessante of ingewikkelde onderwerpe
’n Bybelleesprogram met geselekteerde Bybelgedeeltes vir elke dag van die jaar.
Woordelys waarin belangrikste woorde en teologiese en godsdienstige begrippe verduidelik word.