Long description
God die Vader is !wow! is ’n Bybelstudie wat daarop gemik is om kinders meer te leer oor God as hulle Vader. Om hierdie aktiwiteite geslaagd te maak is dit nodig dat die kind graag meer wil leer van God en ook dat daar elke dag tyd aan hierdie onderwerp spandeer sal word. Dit is ’n opwindende boekie vol prettige aktiwiteite wat die lesers sal help om speel-speel meer te leer van hulle hemelse Vader. Die eerste dele tref onderskeid tussen aardse pa’s en God as Vader. Daarna word klem gelê op die verskillende eienskappe van God en wat Hy alles vir sy kinders doen. Nadat die kind hierdie Bybelstudie voltooi het, behoort hy ’n goeie begrip te hê van dié Vader wat vir ons almal sorg. Dit sal die fondament lê vir ’n lewenslange wandel saam met God.