Short description
Jy is geskei en sit met ‘n vernietigende selfbeeld, 'n geknakte onafhanklikheid en 'n gesin waardeur 'n streep getrek is.
Long description
Jy is geskei en sit met 'n vernietigende selfbeeld, 'n geknakte onafhanklikheid en 'n gesin waardeur 'n streep getrek is. Dis die werklikheid waarmee jy as geskeide mens gekonfronteer word en waarin jy weer jou emosionele voete moet vind nadat jou lewe rondom jou soos 'n gebou ingeplof het. In My huwelik het misluk is ons prakties en praat ons reguit oor jou, die pasgeskeide.